Gousberg Champagne
Castle
Hoe om daar te kom.
Die afstand van Johannesburg is ± 450 kilometer. Dit is
heelpad teerpad, behalwe vir die laaste 5 kilometer. Hierdie gedeelte
is 'n klein tweespoorpaadjie oor drie laagwaterbruggies, en met
sementstroke teen die steilste gedeeltes.
Die pad is gemaklik vir 4x4's, bakkies, VW kombi's en Toyota Ventures.
Dit is meer van 'n uitdaging vir sedanmotors, maar sulke motors
maak dit indien hulle teen 'n lae spoed ry. Skakel vir meer besonderhede
oor die toestand van die pad.
Van Pretoria of Johannesburg, volg die N3 na Durban tot by Harrismith.
Draai op die N5 na Bethlehem, dan op die R 712 na Bergville en
ry oor die Oliviershoekpas. Ry tot in Winterton. Draai op die
R600 na Champagne Castle. Die res van die roete is beskikbaar
met bespreking.
Kontak inligting
Gustav Gous
0825657451
gustavgous@email.com
Ignatius Gous
083 4591902
(012) 3290018 H
gousigp@mweb.co.za
|