Gousberg Champagne
Castle
Welkom
in die Drakensberge! Ervaar nuwe hoogtes.
‘n Berghuis geleë teenaan die Klein-berg - dit is
die voetheuwels waarvandaan die majestueuse pieke verreis. Sit
op die gras, en ervaar die berg in sy volle glorie.
Jangroentjies, Janfrederikkies en gryskopkanaries dartel deur
die bome op die werf. Rooiborsslangarende patroleer die kranse,
en dan en wan maak die skaars Baard-aasvoël ‘n lui
draai al langs die kranse af. As jy baie gelukkig is, kan jy selfs
‘n bosbokram en -ooi uit die inheemse bos sien kom en teen
die helling loop en wei.
Aangrensend aan die wildernisgebied, is die stap-kontoerpad slegs
50 meter van die huis af. Vanaf ander blyplekke neem mens ‘n
goeie twee of meer ure se stap om naby die berg te kom, en daarna
kan mens eers in die berg instap. Hier is jy teenaan die berg,
en kan mens bloot dieper in die berg instap, of tot bo-op die
Kleinberg en die pieke klim. Nader aan die berg kan jy beswaarlik
kom. Daarom sê ons: Die luuksheid setel in die ligging.
Kontak ons indien julle in ‘n bergvakansie belangstel.
Kontak inligting
|