Padkaart
Volg
die instruksies, kliek op die kaart, of
druk die kaart uit om jou te help om na Beds of a Feather
te migreer.
Vanaf Johannesburg Internasionale Lughawe, volg die R21 rigting
Pretoria tot by die Fonteine sirkel. Neem die Sunnyside M5 roete.
Dit is Elandspoortweg, wat eers Mears word, dan Jeppe, dan Beatrix
en dan Voortrekkersweg. Wanneer jy Soutpansbergweg kruis, beweeg
oor na die regterkantste laan, en maak gereed om regs te draai
in Jacobsstraat, wat net voor Builder's Warehouse is. Draai regs
in Jacobsstraat, en hou aan totdat u Fratesweg kruis. Daar word
dit Pierneefstraat. Hou twee blokke aan tot by die eerste robot,
naamlik 18e Laan. Draai regs, kruis die eerste straat, en no 294
is die tweede ingang op linkerkant.
Vanaf die N4 Witbank snelweg, hou aan tot in Pretoriusstraat.
Draai regs in Duncanstraat, wat Gordonweg word nadat dit Kerkstraat
kruis. Gordon word Steadlaan nadat dit Soutpansbergweg kruis.
Draai links in Pierneef net voor die brug oor die treinspoor.
Hou aan oor twee robotte tot by die derde robot, naamlik 18e Laan.
Draai links in 18e Laan, kruis die eerste straat, en no 294 is
die tweede huis op linkerkant.
|