iets oor ons
akkommodasie
etes
tariewe
gaste boek

kaart
vere aan

English

Verblyf

Vier dubbelkamers met en suite badkamergeriewe, en twee enkelkamers wat een badkamer deel maak dit maklik om jou vere reg te skud vir die dag. Elke kamer het dubbel- of enkelbeddens, 'n gemakstoel, tafel, genoegsame kaste, en 'n kluis.

Vir diegene wat die nuus of sport met 'n arends-oog dophou, is daar 'n sitkamer met 'n TV en M-Net. Daar is ook 'n klein bibliotekie met boeke oor die fauna en flora van ons omgewing. Buite is daar 'n swembad en patio met braaigeriewe.