iets oor ons
akkommodasie
etes
tariewe
gaste boek

kaart
vere aan

English

Iets oor ons

Kom skrop nes by ons.

Knip 'n uiltjie in ons keurige kamers. Kom tuis in 'n rustige buurt met veilige parkering, en ontspan in 'n netjiese tuin, langs die swembad of by die braai-area.

Dit voel of jy ver van die stadsgewoel is, maar tog is jy binne gemaklike bereik van die belangrikste migrasieroetes.

Soos die kraai vlieg is dit net 'n paar kilometer van die Uniegeboue, Staatsteater, Universiteit van Pretoria en Unisa, Minolta Loftus, Pilditch, die Nasionale Argief, en hospitale soos die Pretoria Akademiese hospitaal, Eugene Marais, Moot Algemeen, Pretoria Oog-Instituut, Urologie, Muelmed en Pretoria Hart-hospitaal.

Ons neem jou graag onder ons vlerk!